# Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, sê dit was moeilik om die organiseerders van die Mej SA-kompetisie te oorreed om deelname aan die Mej Heelal-kompetisie volgende maand in Israel, te heroorweeg. Die Human Rights Watch beskuldig dié Midde-Oosterse land van misdade teen die mensdom in sy konflik met die Palestyne. Minister Nathi Mthethwa sê die gruweldade wat Israel teen Palestina gepleeg het, is goed gedokumenteer. Hy sê die regering, as die wettige verteenwoordiger van die mense van Suid-Afrika, kan hom nie met ‘n skoon gewete daarmee vereenselwig nie.