Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Regering kondig einde aan van e-tol in Gauteng

# Die regering het aangekondig dat e-tol in Gauteng amptelik geskrap is. Die hekke sal amptelik vanaf middernag op 11 April 2024 van die e-tolnetwerk ontkoppel word. Die Nasionale Tesourie en Gautengse provinsiale regering het intussen ‘n memorandum van ooreenkoms gefinaliseer wat bepaal dat Gauteng 30-persent of 12,93-miljard-rand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se skuld aan die nasionale regering sal moet betaal. Gauteng sal ook bydra tot die instandhoudingsagterstand van 4,1-miljard-rand. Die Nasionale Tesourie sal Sanral se skuld ten volle betaal.