Skip to content

Regering gaan ooreenkoms met Google sluit vir bevordering van SA toerisme

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, gaan ‘n ooreenkoms met Google sluit waardeur die departement en die digitale platform op verskeie gebiede gaan saamwerk. Dit is in ooreenstemming met die departement se werk vir die bevordering van die gebruik van tegnologie om Suid-Afrika se toerisme-aanbod te bemark. Die departement sê die hoofdoel van die vennootskap is om Google se tegnologiese kundigheid aan te wend in sy pogings om die land as ‘n vooraanstaande toeristebestemming te bevorder. Die samewerkingsareas sluit in digitale vaardigheidsopleiding, en die bevordering van kultuur en erfenisplekke.