# Die regering doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om gesamentlik waaksaam te wees en ongelukke en misdaad gedurende die feestyd te voorkom. Padgebruikers word te midde van die besige paaie en die feesvierings, versoek om verkeersreëls na te kom, roekelose bestuur te vermy en versigtig te wees vir swendelaars wat vakansiegangers teiken. Ouers word aangeraai om hul kinders fyn dop te hou in openbare ruimtes. Wetstoepassingsagentskappe sal ten volle ontplooi wees om veiligheid op die paaie en in gemeenskappe te verseker.
Regering bepleit ‘n verenigde poging om feestyd-tragedies te voorkom