Skip to content

Reënwoud-alliansie vra herlewingsboerderypraktyke om klimaatsverandering te takel

# Die Rainforest Alliance sê daar is ʼn dringende behoefte aan volhoubare en herlewingsboerderypraktyke om klimaatsverandering te bekamp. Die wêreld het tussen 2017 en 2022 sowat 24,5-miljoen hektaar tropiese woude verloor wat hoofsaaklik aan onvolhoubare landbou- en bosboupraktyke toegeskryf word. Die alliansie se streekdirekteur vir Suidelike Afrika, Marla Naidoo, sê die behoefte aan ʼn herlewingsbenadering raak al dringender aangesien boere wêreldwyd deurloop onder uiterste weerstoestande en onvoorspelbare klimaatspatrone.