Skip to content

Rea Vaya hervat dienste na werkers se staking

# Rea Vaya se operateur, PioTrans, het bedrywighede hervat nadat die Johannesburge Arbeidshof ʼn interdik toegestaan het wat werkers verbied om te staak. Werkers het Woensdag met ʼn onwettige staking begin omdat hulle 13de tjek na bewering nie betaal is nie en hulle ʼn probleem het met die betalingsvoorwaardes. Die sakereddingspraktisyn, vir PioTrans, Mahier Tayob, sê vyf busse is by die depot se ingang gesaboteer wat aanvanklike gekeer het dat ander busse vanoggend vertrek. Die kwessie is sedertdien uitgeklaar en bedrywighede het ná ses hervat.