Skip to content

Rea Vaya-bestuurders staak in Johannesburg

# Rea Vaya-bestuurders in Johannesburg het hulle bedrywighede onbepaald opgeskort. Gerugte wil dit hê dat die onbeskermde staking oor onbetaalde bonusse is. Die sakereddingspraktisyn Mahier Tayob sê regskenners is genader om dringende hofoptrede te versnel as die Rea Vaya-busbestuurders nie vir werk aanmeld nie. Volgens Tayob kan die staking ‘n vorm van sabotasie wees, wat die busdiens se werk bedreig. Pendelaars word aangeraai om te midde van die voortslepende ontwrigting, ander vorms van vervoer te soek.