# Die grootmaatwaterverskaffer, Rand Water, het 382,3-miljoen-rand afgeskryf weens munisipaliteite se onbetaalde rekeninge. Die nutsmaatskappy se netto skuld deur plaaslike owerhede het gestyg tot 4,4-miljard-rand. Emfuleni in Gauteng skuld ongeveer ‘n kwart van die bedrag. Rand Water sê die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, werk saam met die ministers van Finansies en Samewerkende Regering om iets aan die saak te doen. Intussen beplan die Nasionale Tesourie om fondse te weerhou van vyf rade oor onbetaalde waterrekeninge om betaling vir basiese dienste af te dwing.
Rand Water skryf R382-miljoen af omdat munisipaliteite nie rekenings betaal nie