Skip to content

Rand Water knap Eikenhof-stelsel op vir verbeterde betroubaarheid

# Rand Water sal na verwagting Vrydag instandhoudingswerk doen vir langtermyn-verbeterings aan die Eikenhof-stelsel. Daar sal gekyk word na die geskiedkundige ontwerp van sy oorspronklike enjinkamers wat destyds gebou is vir beperkte voorraad. Hierdie enjinkamers sal na opknappingswerk onafhanklik kan werk en ononderbroke diens verseker, selfs al is een afgeskakel. Opkappings sal verder die betroubaarheid verbeter. Die werk is vir die vakansie geskeduleer en herstelwerk sal na verwagting voor Kersfees afgehandel wees.