# President Cyril Ramaphosa gaan vandag met sy Mosambiekse eweknie, Daniel Chapo, in sy kantoor in Kaapstad vergader. Chapo, wat die verkiesing met 65-persent van die stemme gewen het, is verlede maand ingehuldig en sit daarmee die Frelimo-party se bewind van 49 jaar voort. Die presidensie sê die doel van president Chapo se besoek is om politieke samewerking op bilaterale- en streeksvlak, asook op die vasteland te verstewig. Mosambiek is een van Suid-Afrika se top vyf uitvoerlande.
Ramaphosa vergader vandag met die Mosambiekse president, Daniel Chapo