Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Ramaphosa spreek opening van Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers toe

# President Cyril Ramaphosa sal Donderdag die hoofrede lewer op die jaarlikse amptelike opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in Kaapstad. Die geleentheid sal die amptelike inwyding wees van dié nasionale instelling. Die Presidensie sê noemenswaardige gaste sluit in kabinetsministers, lede van die Nasionale Khoi-San-raad, die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, koninklike leiers van die land en verteenwoordigers van Artikel 9-instellings.