# President Cyril Ramaphosa doen ʼn beroep dat die dooiepunt by Stilfontein in Noordwes vreedsaam en veilig opgeklaar word. Meer as ʼn duisend onwettige mynwerkers het die afgelope weke ʼn ongebruikte mynskag verlaat, maar honderde is steeds ondergronds. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief onwettige en ongereguleerde mynbedrywighede skep gevaar wat die teenwoordigheid van plofstof, inaseming van giftige dampe en moontlike ineenstorting van onstabiele skagte betref. Hy sê die situasie is haglik, onseker en kan vinnig verander.
Ramaphosa sê situasie in Stilfontein is onseker en kan skielik verander