# President Cyril Ramaphosa sê die regering kyk na maatskappye in Katar om met Suid-Afrika saam te werk terwyl hulle die Billike Energie-oordrag Beleggingsplan instel. Hy het gister aan ‘n sake-rondetafel in Katar deelgeneem. Ramaphosa sê daar is nou geleenthede vir vennootskappe in hernubare energiebergingstegnologieë, soos batteryvervaardiging vir energienetwerkstelsels en elektriese voertuie. Die president het bygevoeg Katar het die ervaring, tegnologie en kapitaal in die petrochemiese, aardgas- en energie-infrastruktuur:
Ramaphosa sê SA wil ‘n vennootskap met Katar sluit in die billike energie-oorgang [KLANK]
ENG RamaphosaOnQatarPartnership