Skip to content

Ramaphosa sê regering se optrede teen onwettige mynbou deel van meer omvattende poging

President Cyril Ramaphosa sê die regering se pogings om onwettige mynbou te beëindig, kan nie net op die mynwerkers fokus nie, maar moet ook dié insluit wat verder op die waardeketting is en daarby baat. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, het verlede week onthul dat meer as vier-duisend verdagtes in hegtenis geneem is op verskeie onwettige mynverwante aanklagte. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa, onwettige mynbou word verbind met ander misdade soos geldwassery en mensehandel. Hy sê die regering se optrede teen onwettige mynbou is deel van ‘n breër poging om alle ekonomiese sabotasie-misdade aan te pak.