# President Cyril Ramaphosa sê die verslegtende situasie in die Midde-Ooste wek ernstige kommer, want dit dreig om die gebied in ʼn oorlog te dompel en burgerlikes sal onvermydelik die gevolge dra. Dis vandag ʼn jaar sedert Hamas Israel op sewe Oktober verlede jaar aangeval en sowat een-duisend-200 mense vermoor en 250 gyselaar geneem het. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika bly verbind tot ʼn vreedsame oplossing om Palestina te bevry, internasionale wette na te kom en maatskaplike geregtigheid te bevorder.
Ramaphosa sê mense in Midde-Ooste het vrede en geregtigheid nodig