# President Cyril Ramaphosa sê die ondertekening van prestasie-ooreenkomste met ministers in die regering van nasionale eenheid sal plaasvind ná die goedkeuring van die Mediumtermyn-ontwikkelingsplan. Dié plan word nog deur die Kabinet oorweeg. Ramaphosa het in 2020 aangekondig dat hy prestasie-ooreenkomste met ministers onderteken het, maar vordering met dié ooreenkomste is nooit bekend gemaak nie. In ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag van die EFF sê die president die verwagtinge van ministeriële prestasie is in die Grondwet verskans, en nie net afhanklik van die ondertekening van prestasie-ooreenkomste nie.
Ramaphosa sê die ondertekening van prestasie-ooreenkomste met ministers sal binnekort plaasvind