# President Cyril Ramaphosa het sy diepe medelye uitgespreek met Indië na die dood van die voormalige eerste minister, Manmohan Singh, en sê alle Suid-Afrikaners onthou hoe hy die land se bevrydingstryd gesteun het. Hy sê nie net Indië nie, maar die ontwikkelende wêreld het ‘n ware seun, leier en staatsman verloor wat voortdurend die saak van die Globale Suide op die internasionale verhoog bepleit het. Ramaphosa sê tydens sy bewind tussen 2004 en 2014 het Singh ‘n kritieke rol gespeel in die versterking en uitbreiding van bilaterale verhoudinge tussen die twee lande.
Ramaphosa rou oor dood van voormalige Indiese eerste minister