Skip to content

Ramaphosa op werksbesoek aan die Koninkryk van Lesotho

# Presiden Cyril Ramaphosa is op ‘n werksbesoek aan die Koninkryk van Lesotho op uitnodiging van Koning Letsie die Derde, om die 58ste Lesotho Onafhanklikheidsdag en tweehonderdjarige bestaansvieringe by te woon. Die vieringe word vandag in die Setsoto-stadion in Maseru gehou. Die presidensie sê Ramaphosa gaan ‘n toespraak tydens die vierings lewer om die Basotho nasie se ryk erfenis te vier asook die buitengewone prestasies van Morena Moshoeshoe en sy onuitwisbare uitwerking op die mense van Lesotho.