# President Cyril Ramaphosa het ʼn spesiale amptelike Kategorie 2-begrafnis aangekondig vir die voormalige minister van Finansies en president van die Reserwebank, Tito Mboweni. Hy is Saterdag ná ʼn kort siekbed op 65-jarige leeftyd dood. Sy begrafnis vind Saterdag by die Nkowankowa-stadion in Tzaneen, Limpopo, plaas. Ramaphosa het opdrag gegee dat die nasionale vlag van vandag af tot die aand van die begrafnis by alle vlagstasies halfstok gehys word.
Ramaphosa kondig amptelike begrafnis aan vir Tito Mboweni