Skip to content

Ramaphosa gekritiseer oor vertraging met adjunkhoofregter se aanstelling

# President Cyril Ramaphosa word gekritiseer oor die vertraging met die aanstelling van ʼn permanente adjunkhoofregter. Die pos is reeds vyf maande vakant. Judges Matter se woordvoerder, Mbekezeli Benjamin, sê die aanstelling is dringend weens die adjunkhoofregter se belangrike rol om regsetiek te beskerm en hoofregter Mandisa Maya se hervormingsvisie te ondersteun. Hy sê die vertraging wek kommer oor bestendigheid op die regsbank.