# President Cyril Ramaphosa is vandag die hoofspreker op die viering van Nasionale Versoeningsdag in Vredendal in die Wes-Kaap. Vanjaar se tema: ‘Heel van Historiese Wonde en Smee Nuwe Toekomste’, lig versoening, eenheid en maatskaplike saamhorigheid uit. Die vakansiedag is in 1995 ingestel om rasseharmonie aan te moedig en herdenk Suid-Afrika se demokratiese reis. Die Presidensie sê die geleentheid sal herdenking aan die verlede, die erkenning van veterane en ‘n fokus op heling en nasiebou insluit.
Ramaphosa gaan Nasionale Versoeningsdag vandag toespreek