Skip to content

Ramaphosa bring hulde aan befaamde professor Nkondo

# President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die bekende akademikus en erfenis-kenner, professor Muxe Nkondo, wat Sondagoggend dood is. Hy was 83. Nkondo was ʼn voormalige visekanselier van die Universiteit van Venda, adjunk-visekanselier van die Universiteit van die Noorde, en Harvard Andrew Mellon-genoot in Engels. Ramaphosa sê Nkondo se nalatenskap is monumentaal en sy lewe is gekenmerk deur sy volgehoue navolging en skepping van kennis wat die wêreld ʼn beter en meer inklusiewe plek gemaak het.