Skip to content

Ramaphosa besoek Namibië om eer te betoon ná dood van Hage Geingob

# President Cyril Ramaphosa is vandag op ‘n werksbesoek aan Windhoek in Namibië om sy eer te betoon na die dood van president Hage Geingob. Geingob is op Sondag 4 Februarie dood terwyl hy in die hospitaal vir kanker behandel is. Ramaphosa en Geingob het ‘n hegte verhouding gehad met goeie betrekkinge tussen die twee lande. Die Suid-Afrikaanse president word teen tien-uur vanoggend in Windhoek verwag. Hy sal dadelik Namibië se nuwe president, Nangolo Mbumba, by Staatshuis ontmoet, waarna hy die ontslape president se vrou, Monica Geingos, sal besoek om sy eer te betoon.