Skip to content

Ramaphosa beskuldig Israel van oorlogsmisdade en volksmoord in Gaza

# President Cyril Ramaphosa het Israel beskuldig van oorlogsmisdade en volksmoord in Gaza. Die president het as die voorsitter van ‘n buitengewone beraad van die BRICS-groep gesê die gesamentlike straf van Palestynse burgerlikes met die onwettige gebruik van geweld, is ‘n oorlogsmisdaad. Hy het verder die doelbewuste weiering van toegang tot medisyne, brandstof, kos en water aan inwoners van Gaza as gelykstaande aan volksmoord beskryf. Ramaphosa doen ‘n beroep op alle nasies om saam te werk om ‘n regverdige, vreedsame en veilige toekoms vir die mense van beide Palestina en Israel te verwesenlik.