Skip to content

Ramaphosa beloof skoon water en beter dienslewering in Hammanskraal

# ANC-president Cyril Ramaphosa sê die regering erken daar was mislukkings met dienslewering en die voorsiening van skoon drinkwater aan sommige gemeenskappe. Hy het gister in die Groter-Tshwane-streek die ANC se kieserregistrasie-veldtog gelei op die tweede dag van die registrasienaweek. Ramaphosa het die gemeenskap van Hammanskraal beloof prosesse is aan die gang om die waterprobleme in die gebied aan te spreek. Hy het gesê mense van Hammanskraal sal binnekort skoon water en beter dienslewering hê.