# President Cyril Ramaphosa sê hy glo die forum oor samewerking tussen China en Afrika kan ʼn belangrike rol speel terwyl Afrika ʼn geïntegreerde netwerk skakelings tussen lande bou. Hy het ʼn toespraak in Beijing gelewer by die vierde beraad van die forum oor samewerking tussen China en Afrika. Ramaphosa sê hy verwelkom president Xi Jinping se voorstel om China se bilaterale verhouding met Afrikalande te versterk, met diplomatieke bande op die vlak van strategiese verhoudings. Hy sê die forum is waardevol om die instelling van die Afrika-unie se Agenda 2063 te ondersteun.
Ramaphosa beklemtoon forum oor China-Afrika-samewerking se belangrikheid