Skip to content

Ramaphosa beklemtoon belangrikheid van professionele en bevoegde Staatsdiens

# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid het die heropbou van die Staatsdiens se vermoë en die skep van ‘n professionele staatsdiens as voorkeur uitgewys. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief ʼn bevoegde, etiese en ontwikkelings-gerigte staat is nodig om ʼn inklusiewe ekonomie te skep wat werk skep en armoede verminder. Ramaphosa sê staatskaping is ʼn bittere les oor die staatsektor se kwesbaarheid wanneer die belange van privaat ondernemings inmeng. Hy sê ʼn verenigde regering kan nie suksesvol wees sonder ʼn verenigde Staatsdiens nie.