# Die raadslid van die bende-geteisterde Kaapstadse voorstad Bonteheuwel, Angus Mckenzie, het eer betoon aan hardwerkende polisiebeamptes, wetstoepassers en Metro-polisiebeamptes in sy Nuwejaarsboodskap aan die gemeenskap. Hy sê hulle het onder uiters moeilike en uitdagende omstandighede hulle lewens op die voorste linie geplaas teen een van die Kaap se grootste teisterings, naamlik bendes. Hy wys daarop dat die gemeenskap van Bonteheuwel ook geprys moet word omdat hulle die visie najaag dat hulle bendegeweld kan onderdruk:
Speel klankgreep: ENG AngusMckenzieONSafer2022