# Die Raad vir Geowetenskappe het bevestig ‘n aardskudding is vroeër vandag in Westonaria in Gauteng gevoel, ongeveer 51-kilometer suidwes van Johannesburg. ‘n Woordvoerder sê die skudding is net ná half-sewe aangeteken. Die skudding het ‘n voorlopige sterkte van 3,5 soos aangeteken deur die SA Seismograaf-netwerk. Die episentrum was in Westonaria.