# Die Suid-Afrikaanse Raad vir Blindes is diep bekommerd oor berigte oor die afpersing van mense met gestremdhede in Mthatha in die Oos-Kaap. Mense met gestremdhede word volgens berigte geteiken in ruil vir beskerming. Die uitvoerende direkteur, Lewis Nzimande, sê hulle is reeds ‘n ruk lank bewus van die kwessie, maar polisiebystand ontbreek. Die raad eis onmiddellike optrede om dié kwesbare mense te steun en beskerm.
Raad bekommerd oor berigte oor afpersing van mense met gestremdhede