Skip to content

R21 toe vir instandhoudingswerk deur Eskom

# Motoriste word in kennis gestel van die sluiting van die R21 in Gauteng in beide die suidelike en noordelike rigtings hierdie naweek vanaf Nelmapiusrylaan tot by Olifantsfontein. Eskom sal noodsaaklike instandhoudingswerk doen, nuwe oorhoofse transmissiekraglyne installeer sowel as ‘n geleier wat elektrisiteit aan die gebied verskaf. Die tye wanneer die pad gesluit sal wees is vanoggend vanaf 6-uur tot 6-uur vanaand en môre-oggend vanaf 6-uur tot 12-uur môremiddag. Motoriste sal herlei word via die M57-ompad.