# Demokrate in Amerika het meer as 1,8-miljard-rand geskenk vir visepresident Kamala Harris se verkiesingsveldtog sedert president Joe Biden Sondag onttrek het. Dit sluit net minder as 1,5-miljard-rand in binne 24-uur se fondsinsameling, geskenk deur byna 900-duisend mense wat elk tot drie-duisend-600-rand gegee het. Skenkers wat bekommerd was die 81-jarige Biden is te oud vir nog ‘n termyn sê hulle sal nou weer die party steun. Die 59-jarige Harris sal na verwagting op volgende maand se nasionale konvensie gekies word as die Demokrate se kandidaat.
R1,8-miljard stroom in vir Harris se verkiesingsveldtog sedert Biden se onttrekking