Skip to content

Putin vra Azerbeidjan om verskoning oor vliegongeluk maar aanvaar nie aanspreeklikheid nie

# Die Russiese president, Vladimir Putin, het sy ampsgenoot van Azerbeidjan, Ilham Aliyev, om verskoning gevra nadat die land se kommersiële vliegtuig in die Russiese lugruim neergestort het, maar nie erken Rusland was aandadig nie. Agt-en-dertig mense is dood terwyl 29 oorleef het toe die vliegtuig op Kersdag neergestort het. Die meeste van die passasiers was van Azerbeidjan, en die ander van Rusland, Kazakstan en Kirgistan. Die BBC berig Putin het telefonies met Aliyev gepraat, maar nie regstreeks erken dat die vliegtuig getref is deur Russiese missiele nie.