# ‘n Pro-Palestynse massasaamtrek word vandag gehou in Seepunt, naby die Mandela-brille. Dit is in reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se plan om Palestyne uit Gaza te dwing. Martin Jansen van die Palestynse Solidariteitsveldtog beklemtoon die stryd word heftiger. By die saamtrek sal die anti-apartheidsaktivis, Frank Chikane, ‘n leierskapverslag verskaf oor die Staatsdienskommissie se voortgesette pogings vir Palestynse solidariteit.
Pro-Palestynse saamtrek in Seepunt om Trump se houding oor Palestyne in Gaza te verwerp