Skip to content

Pro-Palestynse betogers verswelg Londen

Honderde duisende mense het in sentraal-Londen aan ‘n opmars deelgeneem en slagspreuke geskreeu soos “Stop Bombing Gaza” en “Ceasefire now”. Dit was die grootste Palestynse solidariteitsbetoging wat tot dusver in Brittanje gehou is. Die polisie beraam sowat 300-duisend betogers het aan gister se opmars deelgeneem. Dit het op dieselfde dag geval het as die jaarlikse Wapenstilstand-dag, wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog herdenk en diegene eer wat in gevegte gesterf het. Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het die tydsberekening van die betoging bevraagteken as sou dit geen respek toon nie.