Skip to content

Prins William se Earthshot-liefdadigheidstoekennings word in Kaapstad gehou

# Prins William se Earthshot-liefdadigheidsorganisasie sal in November sy toekenningseremonie in Kaapstad aanbied, ter viering van vyftien globale omgewings-oplossings. Die Earthshot-prys, ter waarde van 24-miljoen-rand, het ten doel om koolstof-uitstralings teen 2030 met meer as 40-persent te verminder en 30-persent van die natuur te beskerm. Geen datums is nog aangekondig nie, en dit is onduidelik of prins William of Kate Middleton dit gaan bywoon. Die uitvoerende hoof van die Earthshot-prys, Hannah Jones, beklemtoon die belangrikheid daarvan om omgewingsuitdagings in die Earthshot-dekade aan te spreek.