# Die prins van Wallis sê die koningin se toewyding aan die welstand van haar onderdane wek elke jaar net groter bewondering. Koningin Elizabeth het gister 70 jaar op die troon in privaatheid gevier. Sy het die troon op 6 Februarie 1952 bestyg nadat haar pa dood is. Sy was 25-jaar oud. Die koningin het ‘n verklaring vrygestel waarin sy sê dit is haar wens dat die hertogin van Cornwall, Camilla, bekend sal staan as gemalin van die koning wanneer Charles koning word. Die prins van Wallis sê hy is diep bewus van die eer wat sy ma se wens beteken.