Skip to content

Pretoria-Wes Distrikshospitaal se waarnemende uitvoerende hoof sê gesondheidsorg bly ‘n basiese mensereg

# Die waarnemende uitvoerende hoof van die Pretoria-Wes-distrikshospitaal, Lillian Madiba, sê gesondheidsorg bly ‘n basiese mensereg en geen burger mag hiervan ontneem word nie, ongeag hul posisie in die samelewing en sosio-ekonomiese status. Hospitaalpersoneel het onderneem om hulle toewyding aan die gemeenskap te toon, nadat hulle onderneem het om deel te neem aan die “Ek dien met ‘n glimlag”-veldtog wat verlede jaar van stapel gestuur is. Madiba sê die doel van die veldtog is om ‘n verwelkomende en ondersteunende omgewing vir pasiënte te skep, waar hulle na waarde geag en versorg word.