Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Pretoria-sentraal-inwoner aangekeer vir elektrisiteitsdiefstal

# ‘n Inwoner van Pretoria-sentraal is in die Tshwane Ya Tima-veldtog in hegtenis geneem vir die onwettige herverbinding van elektrisiteit. Die veldtog ontkoppel inwoners, besighede en regeringsinstellings met agterstallige rekenings. Die inwoner word aangekla van peutering met munisipale infrastruktuur en elektrisiteitsdiefstal. Dit volg op arrestasies verlede maand, onder wie twee huiseienaars van Garsfontein en ‘n voormalige Tshwane-kontrakteur, vir dieselfde oortredings. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, sê een-duisend-174 meters is verlede week ge-oudit; daar is met 172 oortree wat gelei het tot 4,7-miljoen-rand se boetes.