# Die voorsitter van die Pretoria Rugbyklub, Jaco Basson, is die naweek in Soshanguve doodgeskiet. Die president, Neels van Heerden, het bevestig Basson het na die gebied gegaan om na ‘n bakkie te kyk waarin hy belangestel het om te koop. Hy is vergesel van die klub se afrigter, wat ook erg aangerand en beseer is. Na die aanranding het die aanvallers glo die beseerde afrigter aangesê om Basson na die hospitaal te haas, want hy was besig om dood te gaan.
Pretoria Rugbyklub-voorsitter Jaco Basson in Soshanguve doodgeskiet