# Die Zimbabwe-ambassade in Pretoria doen ‘n beroep op Zimbabwiese burgers wat in Suid-Afrika woon en wie se spesiale verblyf-permitte gekanselleer is, om kalm te bly, terwyl die twee lande voortgaan met samesprekings in die verband. Op 31 Desember het Suid-Afrika permitte gekanselleer, wat vroeër aan asielsoekers uitgereik is. Die voorsitter van die Zimbabwiese gemeenskap in Suid-Afrika, Ngqabutho Nicholas Mabhena, sê die regering moet dit oorweeg om kwytskelding te verleen aan mense met beroepe wat nie onder kritieke vaardighede resorteer nie, omdat die meerderheid nie vir enige ander visums kwalifiseer nie.