Skip to content

President Ramaphosa open Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers

# President Cyril Ramaphosa sal vandag die hoofspreker wees by die jaarlikse opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers in die Parlement. In sy staatsrede het die president die regering se vasberadenheid herbevestig om saam met tradisionele leiers te werk met die instelling van plaaslike ontwikkelingsprogramme. Die presidensie sê Ramaphosa het die regering se samewerking met die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers herbevestig as ‘n belangrike manier om werk te skep, armoede te verlig en die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.