Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Ramaphosa en Putin praat oor Oekraïne-konflik en Moskou-terreuraanval

President Cyril Ramaphosa en die president van die Russiese Federasie, Vladimir Putin, het gister telefonies gesprek gevoer oor ondermeer bilaterale samewerking, vrede in Oekraïne, en die onlangse terreuraanval in Moskou. Die twee leiers het voortgaande pogings bespreek om ‘n vreedsame einde aan die konflik in Oekraïne te bewerkstellig. Hulle het ook breë areas van bilaterale samewerking tussen die twee lande bespreek. Ramaphosa het verder sy meegevoel met Putin en die mense van Rusland betuig ná die onlangse terreuraanvalle waarin meer as 140 mense dood is.