# Die Suid-Afrikaanse Presidensiële Klimaatskommissie verwerp bewerings dat die teiken vir uitlaatgasse nie teen 2030 bereik sal word nie. ’n Verslag deur Reuters lui dat daar kommer bestaan omdat die lewensduur van sommige steenkoolkragstasies verleng mag word as ʼn oplossing vir kragtekorte, wat op sy beurt die teiken vir uitlaatgasse beïnvloed. Die kommissie se uitvoerende direkteur, Crispian Olver, sê Suid-Afrika is daartoe verbind om uitlaatgasse teen 2030 te verminder tot ‘n spektrum gelykstaande aan 350 tot 420 megaton koolstofdioksied. Suid-Afrika is die wêreld se 14de grootste vrysteller van klimaatverwarmende gasse.
Presidensiële Klimaatskommissie verwerp bewerings dat uitlaatgas-teikens nie teen 2030 verminder sal wees nie