Skip to content

Presidensiële Infrastruktuurkommissieraad veroordeel misdaad en afpersing op boupersele

# Die Raad van die Presidensiële Infrastruktuurkommissie sê misdaad en afpersing op boupersele moet ten sterkste veroordeel word. President Cyril Ramaphosa was die voorsitter van die raad se inwydingsitting om onder meer ‘n plan van aksie teen misdaad en afpersing te bespreek asook prioriteitsinfrastruktuurpropjekte. Daar is tans 82 geïntegreerde projekte van 437-miljard-rand wat in aanbou is. Die raad sê wetstoepassing moet meer hulpbronne kry om misdadige bedrywighede op boupersele te bekamp en beleidshervorming in die boubedryf moet vooropgestel word.