Skip to content

Presidensie kondig vanjaar se ontvangers van Nasionale Ordes aan

# Altesaam 32 ontvangers, insluitend die teen-apartheidsaktivis Peter Cyril Jones en Fulco van Aurich van Nederland, sal komende Dinsdag Nasionale Ordes tydens ‘n seremonie ontvang. ‘n Nasionale Orde is die hoogste toekenning wat die president aan burgers en vooraanstaande buitelanders kan gee. Jones, ’n stigterslid van die Black Consciousness Movement, sal die Orde van Luthuli in Goud postuum ontvang. Van Aurich sal die Orde van die Metgeselle van OR Tambo in Silwer ontvang vir sy bydrae tot die bewusmaking van menseregteskendings deur die apartheidsregering.