# Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde het steun uitgespreek vir die regering van nasionale eenheid. Winde eis egter ‘n regverdige begroting om te verseker die provinsie vervul sy rol in die bou van ‘n beter toekoms. Die premier het gepraat in die debat oor president Cyril Ramaphosa se Parlementsopeningsrede. Hy beloof om steeds druk uit te oefen vir die afwenteling van polisiemagte om beter toekenning van bronne vir die provinsie te verseker:
Premier Winde steun regering van nasionale eenheid, vra regverdige begroting vir Wes-Kaap [KLANK]
ENG-WindeOnGNU