# Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, en die president van Afrexim Bank, professor Benedict Oramah, sal vandag die inleidende opmerkings lewer by die konferensie vir sub-soewereine Afrika-regerings in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Die tema ondersteun die vestiging van ‘n regeringsnetwerk vir hierdie Afrikalande. Die doel is om handel en belegging tussen Afrikalande te bevorder en regeringsnetwerke op te rig op provinsiale en staatsvlak. Die provinsiale regering in KZN glo ondernemings se deelname aan die Afrika-vryhandelsgebied sal toegang tot inligting, uitruil van idees, kennis en vaardighede bevorder.