Skip to content

Poskantoorwerkers wat afleggings in die gesig staar gaan opruk na Departement van Kommunikasie

# Suid-Afrikaanse Poskantoorwerkers sal vandag ‘n protesoptog hou na die Departement van Kommunikasie in Pretoria, oor die moontlike aflegging van sowat vier-duisend-700 werkers. Die Poskantoor se sakereddingspraktisyns het by die Werkloosheidsversekeringsfonds aansoek gedoen vir ‘n Tydelike Diensverligtingskema, wat 75-persent van werkers se salarisse sal betaal. Dit het daartoe gelei dat die afleggingsproses gestaak is. Die Poskantoor het vroeër gesê hy sal werkers móét aflê nadat personeelkoste meer as 150-persent van sy inkomste beloop het.