# Die parlementêre portefeuljekomitee vir Openbare Werke het meer as 130-duisend opmerkings ontvang oor die voorgestelde wysigings aan die Onteieningswetsontwerp. Die komitee se raadgewer oor inhoud, Shuaib Denyssen, sê meer as 129-duisend is per e-pos ontvang en meer as sesduisend per WhatsApp. Hy sê 99-persent van die e-posse is teen die voorstelle gekant. Denyssen sê die opmerkings dui daarop dat georganiseerde landbou die voorstelle beskou as die regering se plan om grondhervorming te bevorder.